SOSSUSVLEI DESERT CAMP & DESERT QUIVER CAMP

Baie spesiale selfsorg akkommodasie naby Sossusvlei in Namibië.

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Sossusvlei Desert Camp & Desert Quiver Camp - Algemeen

Ontdek die barre skoonheid van die Namibwoestyn by Sossusvlei – bekend vir skouspelagtige reuse sandduine.

Sossusvlei Desert Camp naby Sesriem in Namibië bied selfsorg-verblyf en is ‘n sakpas-opsie vir ‘n gesinsvakansie in Namibië.

Sossusvlei Desert Camp bied aan besoekers ‘n onvergeetlike 360° uitsig op die omringende woestynlandskap en berge en is naby aan die Sesriem-hek na die Sossusvlei (Namibië Naukluft Park).

Die Ligging

Op die D826 / C27 pad na Sossusvlei in Sesriem, Namibië - GPS: 24°29'12.4"S 15°50'56.9"E

 

Akkommodasie

By Sossusvlei Desert Camp gaan gaste tuis in 20 luukse selfsorg safari-tente wat onder knoetserige stokou kameeldoringbome opgeslaan is. Alle eenhede is en suite. Die smaakvol ingerigte selfsorg eenhede weerspieël die kleure van die Namibwoestyn. Die vloere is van koel graniet.

Sossusvlei Desert Camp het alreeds ‘n Silwer Toekenning van Uitnemendheid ontvang en is rolstoel-vriendelik.

Die selfsorg-eenhede by Sossusvlei Desert Camp is ten volle toegerus met ‘n tweeplaat-stoof, kroegyskas, opwasbak, asook braaigeriewe. ‘n Toesluitkombuiskis met eetgerei, breekgoed en kookgereedskap kan by ontvangs gehuur word. Elke eenheid het sy eie parkeerarea met skaduwee.

 

 

Aktiwiteite

Jy kan hout by die ontvangsgebied koop, asook maaltydpakke (bestel op die vorige dag voor 6 vm.) Verken die area deur met die staproetes by Sossusvlei Desert Camp te stap. (Hou streng by die roete – jy wil nie graag onverwags met ‘n slang, skerpioen of ander wilde dier gekonfronteer word nie!).

Hierna sal jy dalk in die swembad wil gaan afkoel, of ‘n verfrissende drankie in die kroeg gaan geniet. Die groot trekpleister in hierdie gebied is natuurlik die sandduine van Sossusvlei. Ry op jou eie, of sluit by ‘n begeleide rit vanaf die nabygeleë Sossusvlei Lodge aan. Sossusvlei Lodge bied ook ander aktiwiteite aan, insluitend “quad-biking” en warmlugballonvlugte.